Mars Van Die Republiekeinse Jeug - GA Watermeyer
About this track
MARS VAN DIE REPUBLIKEINSE JEUG ONS wat die land se toekoms klop wars van wurg in die buitestrop ons wat die smaad van gister erf sat van vreemd in die eie swerf ons is die drang wat daadkrag word ons is die gloed wat grense stort Breek die bande sny die koord! Dryf die tentwa dieper Noord! Penkop-kommando’s ruk ons aan en wie sal bres in ons linies slaan Strydom, Malan is koerskompas wordingstrou deur die jare vas Kruger se oë peil ons Noord De Wet se hoefslag dreun die poort God van Vryheid God van Lig! wees die Vlamwolk wat ons rig! Eer aan die rigters van ons ras eer aan almal wat voor ons was hulle wat klein en kreupel rus binne die volk se lydingskis hulle wat sterk en enkeld staan rigtingreg soos die wawiel gaan Breek die bande - sny die koord! Dryf die tentwa dieper Noord! God van Vryheid - God van Lig! wees die Vlamwolk wat ons rig! Breek die bande - sny die koord! Dryf die tentwa dieper Noord! God van Vryheid - God van Lig! wees die Vlamwolk wat ons rig!